Nadele van sleepwaens

NADELE VAN SLEEPWAENS

Die hoofdoelwit met hierdie nuwe kampeerder is spesifiek dat dit die voordele van 'n sleepwa moet bied, maar soveel nadele as moontlik moet uitskakel - waarvan die ‘sleep’ self  dalk die lastigste is. Die groot voordeel van ‘n sleepwa is dat dit die beperkings van die voertuig op sy eie oorkom, nl. dat jou toerusting en bed losstaande van die voertuig is: presies wat ook met die  Klipspringer reggekry word, maar sonder die nadele en lastighede.

Vir diegene wat weier om ‘n kampwa te sleep en dus noodgedwonge tot dusver moes klaarkom met ‘n tent op die voertuig se dak of op die grond, is daar nou ‘n uiters bruikbare en praktiese alternatief.

  1. Die groter wind- en rolweerstand wat die sleepwa meebring, stoot die brandstof verbruik merkbaar op.
  2. Ekstra instandhouding van remme, bande, rollaers, vering, bedrading, ligte en ook verfwerk as gevolg van beskadiging deur klippe.
  3. Kostes van die lisensie, padwaardigheidstoetse en die tyd gekoppel aan die verkryging daarvan.
  4. Dit is uiteraard moeiliker om agteruit te stoot met ‘n sleepwa as net ’n voertuig alleen.
  5. Die lang sleepkombinasie maak dit moeilik om parkering te vind in dorpe se sakesentrums waar dit jou die beste sou pas.
  6. Die langer kombinasie verg ook meer aandag op die pad, maar veral wanneer voertuie en veral vragmotors verbygesteek word omdat dit nou langer neem agv die ekstra gewig en daarby moet ook gewag word tot daar voldoende spasie beskikbaar is vir die kombinasie om weer na die linkerbaan te beweeg. Hierdie taak word meer veeleisend gemaak deur reën of donkerte.
  7. Benodig meer krag en dus brandstof om deur modder of sand-trajekte te sleep.
  8. Dikwels is 'n sleepwa die verskil tussen vassit of nie omdat die gewig nie op die voertuig se wiele rus nie, maar wel op die sleepwa.
  9. Dit is soms moeilik om die sleepwa by 'n kampplek op die gewenste plek te kry byvoorbeeld in dik sand en eweneens by situasies waar daar agteruit tot op die staanplek ge-manuvreer moet word. Probeer dit gerus in nou kampeerterrein-paadjies, óf teen 'n helling, òf in die donker. Net baie ervare bestuurders se domein.
  10. En nes jy dink nou verloop die vakansie darem lekker, vergeet jy van die wa daaragter wanneer jy terugstoot. Die gevolglike 'jacknife' is gewoonlik nie die einde van die vakansie nie, maar bederf jou pret genoeg want jy moet gedurig in die skade vaskyk, dikwels aan beide die voertuig en die sleepwa.
  11. Dis selde dat ‘n sleephak nie ook olievlekke of roesmerke aan iemand  se klere beteken nie.
  12. Sleepwaens leen hulself nie tot gemaklike besigtiging van diere en voels nie want jy moet dikwels van posisie verander en die sleepwa vereis elke keer eers  spesiale aandag van die bestuurder.  Vir dieselfde rede is sleepwaens ook nie fotografie vriendelik nie.
  13. Sleepwaens word  op sommige roetes verbied en sekere toergidse weier om jou met ‘n sleepwa te aanvaar.
  14. Dit is moeilik om sekere kronkelpaadjies met 'n kampwa agteraan te ry terwyl dit dikwels van die interessanste roetes is.
  15. Klippe skiet soms vanaf 'n wiel op teen die sleepwa se bakwerk en dan terug teen die motor. Dit vereis of ekstra beskerming of duur herstel werk. Agtervensters bly hier en daar ook in die slag met die daaropvolgende ongerief.
  16. Het jy al in ‘n nou paadjie beland met afgrond of rotse of sommer net dieperige slote of heinings weerskante wat verhoed dat jy in net bietjie meer as die pad se breedte kan draai?  Kyk volgende keer hoe ver moet jy ry om gemaklik te kan draai.
  17. Dit is moeilik genoeg om ‘n olifant in ‘n resies agteruit te wen net met die motor, maar niemand kon dit al met sleepwa agteraan regkry nie!
  18. Luister hoe gereeld het mense probleme met die "jockey" wiel;
  • Die "jockey" is heeltemal van vergeet of die klamp was nie vas genoeg nie en die jockey het tydens die rit met voorspelbare skade na onder gesak.
  • Alhoewel opgelig, het die wiel teen ‘n uitstaande klip gestamp en die klamp gebuig of die hele wiel het uitgebreek en is beskadig of is sommer weg. Dit gebeur veral wanneer die voertuig net deur ‘n sloot is en reeds klim, maar die wa moet nog deur, of wanneer die kombinasie oor ‘n riffie klim.
  • En laastens, omdat die skroef nie vas genoeg gedraai was nie, is die skade hopelik net ‘n duik in jou ego as dit in die kampterrein gebeur dat die disselboom grond toe val met ‘n geklater van potte en bierbottels.  Of die teenoorgestelde wanneer vergeet is om die agterste stutbene van die sleepwa te laat sak of vas te draai en die hele sleepwa met tent en al kop in die lug spring soos ‘n riksja-kar wanneer iemand die bed bestyg.
Klipspringer roro camper

Kampwaens het baie voordele, maar soos aangetoon, gaan dit gepaard met vele nadele. Die Klipspringer  bied dieselfde voordele maar geen van die nadele nie.

Bestel jou Klipspringer  hier.