Voordele

AANWENDING / VOORDELE

Die eienskap om vinnig en sonder moeite jou voertuig met kamptoerusting te kan laai of weer vry te maak van sy vrag, is baie voordelig onder verskeie omstandighede:

  • Baie meer mense sal wegbreek vir ‘n naweek as hul nie so opgesien het daarteen om die voertuig na werk op 'n Vrydag te pak en Sondag alweer af te pak nie. Die  Klipspringer stel jou in staat om al die toerusting en bagasie vooraf gereed te kry, om dan binne minute die totale vrag te laai en op pad te wees. Terug by die huis word die Klipspringer afgerol en met behulp van die wielstelle, wat in ‘n oogwink aangeknip word, tot sy staanplek gestoot, gereed om ewe vinnig weer gelaai te word vir nog ‘n naweek by die see of in die veld. Geen meer koorsagtige gelaai op ‘n Vrydag-middag of aflaai en indra  die Sondagaand, wanneer almal  tam is na ‘n lang reis en dit nog in die donker of reën of beide.
  • Diegene wie gereeld gaan kamp, (sonder sleepwa of kampwa) se voertuie is gewoonlik goed toegerus en belaai met dakrakke, daktente, vrieskaste, ingeboude veldkombuise en nog laaie, kassies, watertenks, proviand, koeldrank, ander lafenisse, ensovoorts. Menige het al gewens hul was in staat om by hul bestemming die vrag op 'n maklike wyse tydelik van die voertuig te kon losmaak om die rytuig beskikbaar te kan hê om 'n besienswaardigheid te gaan besigtig. Tot nou toe was dit nie moontlik nie, maar einde daarvan; Deur net die Klipspringer af te rol word al die toerusting tegelyk van die bak verwyder en word die rit onbelas voortgesit.
  • Jy is op toer en wil graag ‘n sekere area gaan verken, maar omdat die toegangspaaie dalk rof en steil mag wees, of nat, glibberig en modderig, verhoed die vrag die rit. Nou kan jy die toerusting agter laat om die rit gemakliker en veiliger te maak, asook om die voertuig darem so ‘n bietjie te spaar.
  • Sommige passasiers mag nie kans sien vir die waaghalsige en stamperige rit nie en verkies om onder die bome van die kampeerplek te ontspan.  Deur die Klipspringer af te rol is dit ‘n wen-wen situasie, want nou is Vroulief by als om ‘n ete of koppie koffie te maak, terwyl Pa die voertuig neem om die berg te gaan verken.
  • 'n Mens het soms self die ervaring of jy lees van ander toergeselskappe se ongelukskade of meganiese of elektroniese probleme wat vereis dat die voertuig vir herstelwerk ingeneem moet word. Dit is dan uiters gerieflik om al jou kamptoerusting, asook slaapplek op 'n geskikte plek tydelik te kan aflaai, asook om terselfdertyd volledig ingerig te wees om gedurende die wagtyd selfvoorsienend te wees. Dit sal met 'n sleepwa ook moontlik wees solank dit net nie die sleepwa self is wat 'n breek ontwikkel het nie. Ongelukkig is dit dikwels die geval.
  • Soos met sleepwaens verhoed die Klipspringer dat jou voertuig se kajuit deurmekaar raak omdat al die toerusting en bagasie hul spesifieke plek kry en maklik toeganklik is.
  • Daar is ook geen van die beslommernis van in- en uit by die voertuig se deure of die vorentoe- en agtertoe slaan van sitplekke nie, soos dikwels met 'n stasiewa die geval is om by toerusting uit te kom of dit terug te pak nie.
  • Nadat die Klipspringer afgerol is, is die bak van die voertuig beskikbaar om aangewend te word as 'n slaapoppervlak vir 'n klein oopspring tent, weg van klam of ongelyke of klipperige grond, of 'n groterige versameling gevaarlike gediertes.
  • Sou die behoefte daar wees, kan jy steeds 'n boot of veldfiets op ‘n sleepwa agter jou bakkie aanhaak.
Klipspringer roro camper

Vir navrae of om jou Klipspringer te bestel, kliek hier.

Nog nie oortuig nie? Lees meer oor die voordele van die Klipspringer.